FoodBank South Africa

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Daar is genoeg kos, maar nie verspreiding

E-mail Print
Source: Beeld, 26 May 09

Samantha van den Berg

Foodbank Johannesburg, 'n organisasie wat kos insamel en dan onder behoeftige organisasies versprei, is gister bekendgestel.

Minstens 440 organisasies in die stad het al meer as 75 t kos van dié organisasie kry.

Foodbank se hoofdoel is om kos en kruideniersware wat geskenk word deur kosvervaardigers, regeringsagentskappe en individue in te samel en dan onder behoeftige organisasies te versprei.

Foodbank Johannesburg is die tweede tak wat deur Foodbank Suid-Afrika geopen is. Die Johannesburg-tak word bedryf uit 'n pakhuis by die Johannesburgse varsproduktemark in City Deep.

"Ek het 'n hele paar jaar gesoek na 'n plek wat kostekorte in Suid-Afrika takel waarby ek betrokke kon raak. Dit is al sedert 1982 'n passie van my," het mnr. Jan van der Walt, uitvoerende direkteur van Foodbank Johannesburg, gesê.

Mnr. Crispin Sonn, voorsitter van Foodbank Suid-Afrika in Kaapstad, het by die bekendstelling gesê daar word sedert 1974 'n oormaat kos in Suid-Afrika geproduseer.

"Daar is genoeg kos vir alle Suid-Afrikaners, maar daar was nog nooit 'n netwerk soos dié om dit op 'n gekoördineerde grondslag te versprei nie."

Volgens Sonn het Foodbank maatskaplike werkers wat behoeftige gemeenskappe of organisasies identifiseer. Geen kos word vir individue gegee nie.

Onder meer skole, sopkombuise en MIV/vigsklinieke trek hieruit voordeel.

Volgens Sonn moet die organisasies aan die volgende kriteria voldoen om kos te kry:

  • Daar moet ’n veilige plek wees vir die krys en stoor van die kos;
  • ’n kontrak word onderteken wat die herverkoop van kos verbied;
  • die organisasies moet weet hoe om die kos verantwoordelik te gebruik.
 

STAY IN TOUCH


To receive our email newsletter, please enter your details below:
Email
First Name
Last Name
I live in